top of page
2-strooidak-kerk-paarl-western-cape7.png

Strooidak -  Cabernet Sauvignon

6-strooidak-kerk-paarl-western-cape3.jpg

Strooidak besit 'n 1 ha porsie grond tussen die twee pastorieë oorkant die kerk. In 1998 het Strooidak besluit om wingerd op die oop stuk grond te plant en wyn te maak. Die doel van die wyn is om die inkomste te genereer vir die jeugbediening, sendingaksies en ook instandhouding van die kerk se geboue. Die Cabernet Sauvignon wingerd word deur gemeentelede bestuur en die wyn word ook deur 'n gemeente lid gemaak. In 2005 is die eerste druiwe ge-oes en die wyn gebotteleer. Strooidak spog met trots dat die 2017 Cabernet Sauvignon by die 2019 Veritas toekennings 'n silver medalje verower het.

 

Die wyn word nie verkoop nie, maar donasies kan gemaak word in ruil vir 'n bottel wyn.

Die 2017 Oesjaar (Silwer Veritas) is beskikbaar by die kerkkantoor.

Vir meer inligting kontak Attie by attie@strooidak.co.za

bottom of page