top of page

God se reaksie op gebed


Dit voel vir baie van ons dat God nie reageer as ons bid nie!! Dan wonder ons hoekom?


Ek dink die antwoord hierop is saamgevat in

Jakobus 5: 13 - 20


Die gelowige gebed

(13) As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

(14) As daar iemand van julle is wat siek s, moet hy die ouderling vsn die gemeente laat kom, en hom vra om te bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.

(15) En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.

(16) Bely julle sonde eerlik tenoor mekaar, sodat julee sondes vergewe word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

(17) Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie.

(18) Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer.

(19) My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring,

(20) weet dan dat hy wat 'n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maakdat 'n menigte sondes vergewe word.


Ek persoonlik kan getuig dat die studente gebedsgroep ervaar het hoe ons gebed 'n groot verskil gemaak het. Die een student het gedink sy gaan nie ekasmen toelating kry nie, van die vakke het sy gedink sy gaan 40% kry, en toe kom die uitslae 62%. Sy het toelating vir eksamen in al haar vakke gekry. Die Here werk kragtig in ons en dit help baie om dit met ander te deel.

32 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page