top of page

Job 9 Deel 2 - skuldig of onskuldig, dit is om te ewe


Wanneer jy die gedeelte lees kan jy agterkom dat Job homself in 'n posisie bevind waar hy weet hy kan nie wen nie. Hy besef dat hy skuldig is en dat hy nie teen God kan veg nie. Onthou God het vir Satan gesê dat hy vir Job met alles wat hy het kan aanval, maar hy mag nie vir Job dood maak nie.


Job se houding is van so aard dat in vers 22 die volgende sê - dis om te ewe jy skulding

of onskuldig is. Is ek en jy nie ook maar in dieselfde bootjie nie. Ons lewe in die gewoel van elke dag. Dan werk dinge reg uit en net oomblikke later werk dit weer nie uit nie.


Tenspyte van Job se negatiwe gedagte kom daar wel tog oomblikke op waar hy sy hoop op God plaas.Hoor wat hy se in vers 27 - As ek sou dink: ek wil ophou kla, ek wil my houding verander en vrolik wees, dan word ek bang dat ek nog swaarder sal kry omdat ek weet dat God my nie onskuldig gaan bevind nie.


Ons moet besef dat God die wêreld so lief gehad het dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus na ons toe gestuur het om ons onskuldig te kom verklaar. Nie net stuur Hy Hom na ons toe nie, Hy kom haal hom op een van die wreedste maniere, maar kom seën ons met die Heilige Gees. Jesus het ons reeds onskuldig bevind. Ons hoef nie soos Job eers te wonder of ons skulding is of nie. Indien jy skuldig bevind word is jou straf reeds uitgedien.


Ons moet ophou kla en ons houding verander en vrolike wees soos Job dit gestel het.

Job vra in vers 34 - as daar iemand was wat God se straf van my kan wegneem, sodat die verskrikking my nie oorval nie, dan sou ek sonder vrees kon praat. Maar soos sake nou staan met my, kan ek nie.


Jesus kom stel my en jou sake reg, sodat die verskriking ons nie sal oorval nie en dat ons die vrymoedigheid kan hê om te praat. Ek en jy is vrygekoop deur die bloed van Jesus en daarom moet ons lewe asof ons vrygekooptes is.


Ons moet lewe soos vrygekooptes deur Jesus daaglike te bedank. Maak die tyd om direk met Jesus te praat want Hy het my en jou straf op hom geneem.

10 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page