Die Preekstoel
| Ons Kerk | Die Preekstoel | Die Orrel | Die Klok en Begrafplaas | Die Pastorieƫ |
|
|
Die preekstoel wat tans in gebruik is, is in 1838 deur mej. M.M. Krynauw aan die gemeente geskenk. Dit is van stinkhout gemaak en veral opmerklik is die koperpen waaraan ds. G.W.A. van der Lingen, volgens Nederlandse gebruik, sy steek (driekantige hoed) opgehang het. Die duif wat van die plafon van die preekstoelhang, dien as simbool van die Heilige Gees. |




