Afrikaans English German French

Teken Aan Teken Aan
Registreer Registreer

Die Orrel

Ons Kerk Die Preekstoel Die Orrel Die Klok en Begrafplaas Die Pastorieƫ


Die eerste orrel van die gemeente is in 1791 in gebruik geneem, maar in 1831 is dit deur ‘n nuwe orrel vervang.  Dié orrel het langer diens gedoen as die eerste, maar in 1894 is dit deur ‘n derde orrel vervang.  Teen 1927 is besluit om die orrel te vergroot en in 1929 is die vergrote orrel in gebruik geneem.  Ná die aardbewing van 1969 was dit nodig om die kerkgebou te restoureer en is daar besluit om ‘n nuwe orrel te bou eerder as om die reeds verweerde een te herstel.  Die pype en die bolwerk is soos dié van die oorspronklike 1791-orrel en is met houtsneewerk versier.  Dietrich Kruger-Haye het die houtsneewerk gedoen en die orrel is gebou deur André Wattel en Seuns, Suidelike Orrelbouers.

Dit is ‘n tipiese barokorrel, gekenmerk deur golwende lyne en dekoratiewe styl.  Vir die houtsneewerk is mahoniehout gebruik.   Die orrel met sy 1800 pype en ‘n omvang van 26 registers is op Sondag, 13 November 1977 ingewy.

 
Aanwysings na ons Kerk
Tik jou adres in:
Adres:
Stad:
Provinsie:
Poskode: