Die Pastorieë
| Ons Kerk | Die Preekstoel | Die Orrel | Die Klok en Begrafplaas | Die Pastorieë |
Elf predikante het van omstreeks 1715 tot 1872 in die eerste twee pastorieë, op die terrein agter die huidige Toringkerk, gewoon. Die eerste pastorie is in 1788 gesloop en ‘n nuwe gebou, tans die Paarl Museum, is opgerig. In 1873 het die kerkraad die woning van die voorleser, wat reg oorkant die Strooidakkerk geleë was, oorgeneem as pastorie en dit vergroot. Dit het as pastorie gedien tot 1965 toe daar besluit is om die gebou te sloop. Dit is vervang deur die pastorie wat tans bestaan. Die patroon en buitemate van die ou pastorie is behou, terwyl die voorkant gebou is soos dit oorspronklik was.
![]() |
|





