Afrikaans English German French

Teken Aan Teken Aan
Registreer Registreer
  •  

    Sondag - 22 Januarie 2012

     

    08:00 - Informele Diens

    09:30 - Huis Vergenoegd

    10:00 - Klassieke Diens

    10:00 - Kleuterkerk : Villieria

    10:00 - Junior Bybelskool (Gr. 1 - 7) : Kerksaal

    18:00 - Gesindiens

     DEUROFFERS:  HUIS VERGENOEGD

    Ds. Sanet van der Walt

    Ds. Johan Rossouw

    Ds. Sanet van der Walt

     

    Ds. Bekker Nieuwoudt

    Ds. Bekker Nieuwoudt

     

     

     

     

     

     

     

     

     

    SENIOR BYBELSKOOL EN BELYDENISKLAS BEGIN OP

    DONDERDAGAAND, 2 FEBRUARIE OF SONDAGAAND, 5 FEBRUARIE

     

    Volgende Sondag - 29 JANUARIE 2012

     

    08:00 - Informele Diens

    09:30 - Huis Vergenoegd                                                       

    10:00 - Klassieke Diens

    18:00 - Gesinsdiens

    GEEN KLEUTERKERK OF BYBELSKOOL A.G.V. TUISNAWEEK

    DEUROFFERS: JEUGWERK

    Ds. Fanie Kriel

    Ds. Johan Rossouw

    Ds. Fanie Kriel

    Ds Fanie Kriel


     

 

ONS IS BAIE DRINGEND OP SOEK NA KATEGETE (ONDERWYSERS)

VIR DIE JUNIOR EN SENIOR BYBELSKOOL.  KONTAK ASB. DIE

KERKKANTOOR 021 872 4396 OF DS. BEKKER 021 872 7833

Nuus

 ONS INNIGE MEEGEVOEL MET . . .

 

Christel van Zyl, La Mode, 082 854 2432, met die heengaan van

haar moeder, Nellie van Zyl, van Somerset-Wes.

 

Ons dink aan jou en bid vir jou die wonderlike vertroosting van

ons Hemelse Vader toe.

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

ONS VRA VOORBIDDING VIR . . .

 

♥ Alle siekes in Huis Vergenoegd en Rusoord

♥ Alle bejaardes in Huis Pêrelberg, Versorgingshuis vir bejaardes

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

JUNIOR EN SENIOR BYBELSKOOL EN BELYDENISKLAS

 

Die Junior Bybelskool (graad 1 - 7) is Sondagoggende om 10:00 in die kerksaal.

 

DAAR IS 'N BAIE BELANGRIKE VERGADERING VIR ALLE OUERS VAN GR. 1 - 7 LEERDERS

SONDAGOGGEND, 22 JANUARIE NET NA DIE 10:00 DIENS IN DIE KERK.

AS U KIND SE GEESTELIKE VERSORGING VIR U BELANGRIK IS, WOON ASSEBLIEF

HIERDIE VERGADERING BY

 

Ons is dringend op soek na Kategete (onderwysers) vir die Junior en Senior Bybelskool.

Kontak asb. vir ds. Bekker, 021 872 7833, of die kerkkantoor, 021 872 4396 indien u wil/kan help.

 

Die Senior Bybelskool (graad 8 - 10) en Belydenisklas (graad 11) begin op Donderdag, 2 Februarie

of Sondag, 5 Februarie.

 

Senior Bybelskool en Belydenisklaslesse is Donderdagaande 18:15 - 19:00 of Sondagaande 18:45 - 20:00 in Villieria.

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

       40 DAE VAN LIEFDE . . .

 

Suider-Paarl Gemeente beplan die afskop van 40 Dae van Liefde,

‘n opvolg van Rick Warren se 40 Dae van Doelgerigte Lewe, op 5 Februarie 2012. 

Dit sal gelei word deur ds Theo Hay. Navrae: Lizinda Roe 082 770 5410

 ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

STROOIDAK SE NUUSMAKERS . . .

 

Dit is lekker om in 'n gemeente te wees waar gemeentelede mekaar ken en herken waar hulle ookal is. 

Elkeen speel 'n besondere rol om die gemeenskap en groter omgewing 'n beter plek vir almal te maak. 

Die res van ons wil dit weet.  Laat weet dus wat jy doen om dit reg te kry of as jy van iemand in die

gemeente weet wat 'n besondere bydra in die verband lewer.  En as iemand bevorder word of 'n

besondere prestasie behaal het, laat weet ons.  Ons wil weet wie in ons gemeente is. 

Neem 'n foto en stuur die inligting na nuus@strooidak.co.za of na Francois Lotter (frans@netpos.co.za)

of 083 408 1902 of na Leensie Streicher (leensie@agrimega.co.za).  Francois sal die nuuswenke opvolg

en verwerk en Leensie sal sorg dat dit ook op die Strooidak se webblad verskyn. 

Gaan loer gerus ook in by www.strooidak.co.za.

 ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

 BRUIKBARE KLERE EN ANDER OORTOLLIGE ITEMS . . .

 

Indien u enige bruikbare klere of ander items het waarvan u graag ontslae wil raak,

kan u dit by die Kerkkantoor kom aflaai om verder versprei te word.

~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

PASTORALE BRIEF OOR DIE BELYDENIS VAN BELHAR EN DIE KERKHERENIGINGSPROSES

 

Liewe Broers en Susters

 

Die NG Kerk het by sy Algemene Sinode van 2011 verskeie besluite rondom kerkhereniging en die

Belydenis van Belhar geneem.  Ontvang asseblief die volgende inligting oor die pad vorentoe met

betrekking tot hierdie sake.

 

Rondom die Belydenis van Belhar het die Sinode soos volg besluit:

 

“Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die

NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige

kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.”

 

Oor die herenigingsproses van die NG Kerkfamilie het die sinode onder andere besluit dat ons graag

sal wil sien dat die NG Kerk in Afrika (NGKA) en die Reformed Church in Africa (RCA) ook deel word

van die fasiliteringsproses vir hereniging wat daar tans deur die World Communion of Reformed

Churches(WCRC) tussen die NG Kerk en die VG Kerk plaasvind. By die Algemene Sinode se         

Moderamenvergadering wat op 2 November plaasgevind het, is hieroor soos volg besluit:

 

“Die Dagbestuur (van die Moderamen van die Algemene Sinode)neem leiding om te poog om

die Moderature van die 4 kerke so vroeg as moontlik in 2012 byeen te kry. Hierdie vergadering

moet 'n byeenkoms van verteenwoordigers van die 4 kerke reël om die volgende te doen…”

(waarna daar dan bepaalde praktiese prosesvoorstelle volg).

 

Ons werk op die oomblik hard aan die proses waarby verskillende kerke en leiers betrokke sal wees.

Ons kan dus nie nou al in detail uitspel hoe die kerke in die NG Kerkfamilie met mekaar sal verenig nie. 

Ook nie hoe die Belydenis van Belhar binne hierdie proses hanteer sal word nie. Daarom vra ons

lidmate se geduld, begrip en voorbidding en ook hulp wanneer die proses op plaaslike vlak prakties

in werking sal kom.

 

Die Moderamen gee tans deur middel van verskeie taakspanne aandag aan hoe die prosesse rondom

die sake gestruktureer moet word. Dit is duidelik dat dit ingewikkeld en sensitief is. Die uitdaging is ook

om dit te doen op ‘n wyse wat soveel as moontlik rolspelers die kans gee om deel te neem aan die proses.

Dit is ook ons verantwoordelikheid om dit te doen met die heel beste inligting, studiemateriaal en

gespreksgeleenthede. Die Moderamen sal, sodra die taakspanne hulle werk voltooi het, deur die sinodes

met gemeentes en lidmate kommunikeer.

 

Daar moet geen twyfel by sinodes of gemeentes bestaan dat hulle in hierdie proses rondom hereniging en

Belhar getoets sal word nie. Wanneer, weet ons nog nie. Hoe die proses gaan verloop, moet ons nog met die

verskillende rolspelers uitklaar – en natuurlik met die bemiddeling van die WCRC, soos wat ons met mekaar

ooreenkom. Ons wil dus vra dat daar nie nou individuele prosesse aan die gang gesit word voordat die sinodes

by die Moderamen daaroor ooreengekom het nie.

 

Die twee sake is geweldig belangrik vir die NG Kerk en ook vir elke gemeente en lidmaat. Alhoewel ons in ‘n tyd

lewe waar mense graag vinnig besluite wil neem en resultate wil sien, vra hierdie saak begrip en groot geduld.

 

'n Baie geseënde Kerstyd word elkeen toegewens. Reis versigtig en veilig – en mag die vrede van die

teenwoordigheid van God julle vervul.

 

Vriendelike groete

 

Dagbestuur van die Moderamen van die Algemene Sinode:

 

Nelus Niemandt, Braam Hanekom, Johann Ernst, Nelis van Rensburg, Elize Bezuidenhout en Kobus Gerber

 ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~

 

 

 

 

 

 

 



  

Hospitaalbesoeke

Vir ons siekes is daar bystand deur vrywilligers wat hulle tyd beskikbaar maak vir die besoeke by hospitale of tuis. Ons gee graag die volgende inligting, neem die vrymoedigheid en skakel!

Maandag
Annetjie Kritzinger: 021-863-2951

Dinsdag
Jimmy Nothling: 084-311-1205

Woensdag
Willem Engelbrecht: 021-863-3202

Donderdag
Derick Kotze: 021-863-1845

Vrydag
Liezel de Vries: 083-234-6772

Huisbesoeke
Karin Smith–Hamman: 021-863-3940 of 082-955-8047

Skenkings en Betalings

Ons dank u vir u bereidwilligheid om u bydrae te maak.  Soos in baie ander sektore word die ekonomiese afswaai ook aan ons kerk se beursie gevoel.  U bydrae is noodsaaklik om ons in staat te stel om ons missie suksesvol uit te voer.

Betalings kan gedoen word deur:

Elektroniese inbetaling direk in die kerk se rekening

Debietorder

Reël self aftrekorder by jou bank

Maak gebruik van koeverte

 

DANKOFFERS & SKENKINGS

N G Kerk Die Paarl (Strooidakkerk)
Nedbank Paarl
Takkode: 101910
Rek No: 1019291168
Voorsien asb. u van, voorletters en wykno.

GGO

N G Kerk Die Paarl (Strooidakkerk)
Nedbank Paarl
Takkode: 101910
Rek No: 2019355027
Voorsien asb. u van, voorletters en wykno.

Aanwysings na ons Kerk
Tik jou adres in:
Adres:
Stad:
Provinsie:
Poskode:
Kalender
loader

JAN
29

29.01.2012 08:00 - 09:00
Informelediens

JAN
29

29.01.2012 10:00 - 11:00
Formelediens

FEB
01

01.02.2012 19:00 - 20:00
Biduur - HVG

FEB
02

02.02.2012 18:00 - 19:00
Senior Bybelskool en Belydenisklas

FEB
05

05.02.2012 08:00 - 09:00
Informelediens

Facebook